My Gebedsreis to Beter Geestesgesondheid (Dagboek)
My Gebedsreis to Beter Geestesgesondheid nooi jou uit om opnuut bewus te word van God se teenwoordigheid in jou lewe deur ‘n gestruktueerde 21-dag gebedsreis. Op dié gebedsreis word jy genooi om drie verskillende gebedspraktyke te beofen, en te beproef, wat deur navorsing bevind is om gevolgelik ook ‘n positiewe impak op jou geestesgesondheid uit te kan oefen.
Die handleiding voorsien praktiese wenke oor hoe om hierdie gebedspraktyke te beoefen en skep ook ruimte vir die praktiese inoefening van die betrokke gebedspraktyke op ‘n daaglikse basis vir die duur van dié 21-dag gebedsreis.
Die impak van hierdie voorgestelde gebedspraktyke mag gevolglik lei tot verbeterde geestesgesondheid. Maar die handleiding is primêr toegespits op verdieping van jou verhouding met God. Verberterde geestesgesondheid bly slegs die moontlike nagevolg van ‘n gedissiplineerde benadering tot stiltetyd wat net ‘n middel tot ‘n doel is naamlik om te groei in verhouding met God.
My Gebedsreis to Beter Geestesgesondheid stel drie gebedspraktyke voor wat op die proef gestel kan word om geestesgesondheid te verbeter, naamlik:
1. Die Examen
2. Stilgebed
3. Die Jesusgebed
'n 21-Dag Gebedsreis Dagboek